Woorde dra gewig of lei tot oorgewig.

Ek het onlangs op ‘n artikel afgekom wat verduidelik hoekom ‘n mens jou liefdevolle gevoelens (mening/opinie) teenoor ander, meer moet verbaliseer voor dit te laat is. Die vertrekpunt van hierdie artikel was nogal redelik in die kol met hulle stelling dat mense dit moeilik vind om familie en vriende te vertel hoe wonderlik hulle is... Continue Reading →

Advertisements

Moenie by my valse hoop wek nie!

Opgedra aan my Moskombersie in Bloem Hoop is ‘n verwagting. ‘n Vooruitsig wat tog maar soms gepaard gaan met menslike onsekerheid. Dan is daar die teenoorgestelde van hoop nl. wanhoop (mens het geen hoop en sien geen uitkoms nie) en valse hoop (iets wat gebaseer is op inligting/idees wat nie korrek is nie). "Verwagtings wat... Continue Reading →

God, pyn & die Via Dolorosa

"My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; Ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie." ~Psalm 22.2-3~ Almal van... Continue Reading →

Ek laat die “vraat” uit die mou!

Vraat¹  [vrate]  Gulsigaard; deur baie te eet, leer ‘n mens om ‘n vraat te word. Vraat²  [vrate]  Pelsdier v.d. martergeslag (roofdier bv. otter/muishond/das/ens.) ‘n bosbewoner met gevaarlike skerp naels.   “Vrate word gemaak en nie gebore nie” (want ooreet is nie in die gene nie; dit word aangeleer). So lui die Afrikaanse idioom oor vrate.... Continue Reading →

… toe sink Petrus…

Dis voor dagbreek. Tussen drie en ses die oggend. Plek - die heilige See van Galilea. Omstandighede - ‘n see gevul met beproewinge. Die dissipels - ontbloot en bang. Vasgevang in ‘n skuit op ‘n oop see. Kwesbaar en deurdrenk met twyfel en vrees. Hulpeloos.  Die donkerte, wat die dissipels se benoudheid voed en die... Continue Reading →

“Sta-soft” en Ouma se motbolle bagasie.

  Preteritum. Verlede tyd. ‘n Tyd[perk] in ons lewe wat verby is. Gevulde spasies in ons verlede vol dinge. Veranderinge. Bakens. Herinneringe en emosies wat ons gevorm het op ons reis deur die lewe. ‘n Reiskoffer vol stories. ‘n Tydlyn. Vol van wat was en selfs dalk kon gewees het. Bagasie [as ek dit rêrig... Continue Reading →

ge•roe•pe•ne [=nes]

ge•roe•pe Asof iem. geroep is; uitverkore; ge•roe•pe•ne [=nes] Iem. wat geroep is (veral vir 'n goddelike opdrag) Om iemand te roep is niks vreemds nie. Dis inteendeel iets wat ons as mens elke liewe dag doen. Ons roep mekaar. En nes ons mekaar roep en reageer op die oproep, so roep God ons. Hy roep ons... Continue Reading →

Wanneer raak ‘n probleem groter as God? 

Wanneer raak 'n probleem groter as God en wanneer gee jy 'n probleem "alleen mandaat" in jou lewe? Hoeveel keer gee ons nie ons probleme vir God net om dit weer by Hom te gaan terug vat sónder om toestemming te gevra het. Toe ons klein was, was ons geleer dat jy nooit iets mag vat wat... Continue Reading →

Skaduwees van gebroke gesinne

Gebroke en onstandvastige gesinne is aan die toeneem. Negatiewe gedrag neem toe onder kinders wat kom uit ‘n gebroke huis en volwassenes, oud en jonk, sukkel al hoe meer met vertroue en verbintenisse. Skaduwees oorval die strate waar gebrokenheid koning kraai en stadig maar seker bevind mense hulself in ‘n mensgemaakte naaldwoud waar geen lig... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: